Get Adobe Flash player

 Vingers Kruger ENG PDF Vingers Kruger Afr PDF 

Die sterfverhaal van Sersant Michiel Labuschagne (Vingers) Kruger

 

7 Januarie 1951-28 Oktober 1977

4 Verkennings Kommando- Suid Afrikaanse Weermag

Soos aan my vertel deur Sers Gert Eksteen 4 Januarie 2004

Deur Leon Bezuidenhout

 

Operasie Kropduif, die aanval op Eheke 28 Oktober 1977

Gedoem tot bloed

Operasie Kropduif (die aanval op Eheke) op 28 Oktober 1977, sou die donkerste dag in

die geskiedenis van die Suid Afrikaanse Spesiale Magte se bestaan wees.

Nadat die Suid Afrikaners aan Angola onttrek het in 1976, sou Swapo die geleentheid

gebruik om operasionele basisse bykans teen die SWA grens te vestig. Hierdie basisse is

vanaf twee groter streeks hoofkwartiere ondersteun. Cassinga sou die sentrale deel van

Swapo se aanvalle op die SWA grens ondersteun, en Eheke die oostelike deel van

Owamboland en die Kavango.

Na herhaaldelike sabotasie, landmyn insidente en ontvoering van die plaaslike bevolking

het die Suid Afrikaanse magte besluit om Swapo uit sy basisse te verdryg. Beide die

streeks hoofkwartiere moes vernietig word in blits aanvalle vanuit Suidwes Afrika

(Namibie).

Strategies was ‘n aanval op Eheke voor op. Dit was nader aan die SWA grens en heelwat

kleiner as die Cassinga basis. Na wat gevoel is deeglike verkenning, is besluit om Eheke

eerste aan te val. Drie kompanies van die nuwe 32 Batteljon sou te voet oor die grens, en

Eheke vanaf die suide aanval. Op dieselfde tyd sou ‘n groep van die Verkennings

Kommando’s, noord van Eheke afgegooi word, en met eerstelig die basis uit die noorde

aanval.


 

Copyright © 2014. All Rights Reserved. Tekkie Races - Voortrekker Monument Draf en Stap klub