Get Adobe Flash player

 

DIE IERE, DIE BOERE, DIE VOETPAD EN DIE ATLETE- die Ou Voetpad Berg 10 Myler,  21 April 2007

            

Sedert die vroegste jare van Pretoria was die Daspoortrand daar as ‘n natuurlike hindernis.  Die Berg het egter nooit kontak tussen die mense van die Moot en die Vallei waar die Stad se kern vandag is, gekeer nie.  As dit dan moes is daar by die Daspoort (waar die Capital Park laagwater brug is) by die Stad in, anders is daar sommer te voet oor die berg.  ‘n Hele aantal voetpaaie het op die manier ontstaan. 

 

So belangrik het dit geword om die Voetpaaie as toegangs wee te beskerm, dat die Britte met die Anglo Boere oorlog 62 Blokhuise om Pretoria gebou het.  8 Van hierdie Blokhuise het bestaan tussen Wesfort en die Daspoort. In die weste het die Ierse 109de Batteljon van Voet (ook genoem die 2 Batteljon van die Leinster Regiment) die Forte beman. Die Boere spioen Koos Naude is ‘n hele paar maal deur die Linie en eenmaal is sy klere en geweer ontdek.  Simpatieke Pretorianers het Naude die volgende nag deur Skinners Court (waar Quagga Sentrum van dag is) die stad uitgehelp.

 

Die Iere is later her-opgelei en het ‘n berede regiment geword.  Die Quagga Camp waar hulle gestasioneer is, was in die huidige Philip Nel Park gelee. Na die oorlog is die Blokhuise vernietig.  Vandag kan ‘n mens nog steeds op lug fotos die handewerk van die Ierse Soldate van Dublin sien.  Hier en daar is selfs tuin mure met Blokhuis klippe gebou.

 

Hierdie unieke stukkie van Pretoria se geskiedenis word op 21 April deur die Voortrekker Monument Atletiek Klub en die SA Irish se doedelsak orkes herdenk.  Die Ou Voetpad Berg 10 Myler vind op die dag plaas by die Universiteit se Pretoria Wes kampus in Staatsartillerieweg.

 

Die wedloop begin om 07:30 en inskrywings kos R30.00 vir geregistreerde atlete.  Tydelike lisensies sal R20.00 kos.  ‘n Pret draf/stap oor 5 km vind ook plaas en mense met baba stoot waentjies is ook welkom. Inskrywings vir die pret draf/stap kos R20.00. T Hemde kos R20.00 elk. Die geleentheid word gevier met ‘n spesiale “dela Rey” medalje vir alle deelnemers.  Die Ierse Orkes sorg vir die musiek en van ruiters van die Pretoria seremoniele Boere Kommando sal die atlete begelei.  Die wedloop word afgesit met ‘n skoot van ‘n regte kanon

 

Die Orkes van die SA Irish sal ook die geleentheid kry om fondse te werf vir hulle geskiedkundige toer na Skotland later in die jaar.

 

Copyright © 2014. All Rights Reserved. Tekkie Races - Voortrekker Monument Draf en Stap klub